Herfsland hou kermis
HERFSLAND is vanjaar 30 jaar oud en hou op 29 Augustus sy jaarlikse kermis by die tuiste in Cactuslaan, Allen Grove.
Die kermis word vanjaar aansienlik uitgebrei met internasionale kosstalletjies, ’n spesiale tent vir kinders waar hulle kan kaskarre ry en die bekende tafels met kerrie-en-rys, potjiekos, roosterkoek, poeding, ontbyt en naaldwerk. Kunstenaars soos Izak Davel en Johan van Niekerk gaan ook optree.
Skakel Johannie Louw by 011-972-5417 vir enige verdere navrae.