Kosmark by kerk
DIE Gereformeerde Kerk Mooifontein, op die hoek van Oranjerivier- en Bergrivierrylaan, hou ‘n kosmark op 30 en 31 Mei.
Daar sal heerlike eetgoed wees en uitstallers met ‘n verskeidenheid artikels.
Daar gaan pannekoek, vetkoek en maalvleis, hamburgers, jaffels, boereworsrolle, 1kg pakke rou wors (spesiaal gemaak vir die kosmark) en nagereg wees.
Verder is daar ‘n teetuin, koektafel en witolifanttafel.
Bestellings word geneem vir Vrydag, 30 Mei, wat om 12nm afgelewer sal word.
Skakel Ziki by 082-809-8001.