Peter Pollock praat by kerk

DIE bekende oud-krieketspeler, Peter Pollock, is die spreker by ‘n program wat op 31 Mei en 1 Junie by die Evangelies-Gereformeerde Kerk in Van Riebeeckpark aangebied word.

Die onderwerp van die aanbieding is “Preach the Word – in season and out”.

Op 31 Mei begin die verrigtinge om 6nm en op 1 Junie is dit van 9vm tot 6nm. ‘n Spesiale program vir kinders word Saterdagaand en Sondagoggend aangebied.

Die kerk is op die hoek van Drakensberg- en Tafelkopstrate.

Vir verdere inligting, skakel ds Willie Olivier by 011-391-8638 of 084-596-4578.

Back to top button