Pinksterdienste by NG Birchleigh

ALMAL word uitgenooi om te deel in die Pinksterdienste van die NG Gemeente Birchleigh van 1-8 Junie.

Die pinksterreeks word deur prof Malan Nel aangebied.

Die reeks eindig op 8 Junie met die pinksterfees en nagmaal.

Die program is soos volg:

Op 1 Junie is dienste om 9vm en 6.30nm.

Elke aand vanaf 2 Junie tot 5 Junie vind dienste om 7nm plaas.

Die aanddienste word in die middag om 3nm vir senior burgers of persone wat nie die dienste in die aand kon bywoon nie, herhaal.

Die temas vir die dienste is soos volg:

1 Junie: God drie-enig is ons hoop (oggend) en ons nuwe lewe is ons hoop en ons swaarkry leer ons fokus op God (aand).

2 Junie: Wie ons is en hoe ons dink laat ons leef soos mense wat dit van God verwag.

3 Junie: Ons wat hoop, kom aanhoudend na Christus en na mekaar toe.

4 Junie: Ons wat hoop, waardeer ons identiteit en verkondig die groot dade van Hom wat ons geroep het.

5 Junie: Ons is draers van hoop wat gesien word.

8 Junie 9vm: Ons wat hoop, is gereed om ‘n antwoord te gee oor die hoop wat in ons leef.

Vir enige navrae, skakel die kerkkantoor by 011-391-2498.

Back to top button