Uitverkoping, veiling by kerk

Lofdal-gemeente in Rietfonteinweg, Glen Marais, hou Saterdag, 7 Junie van 8vm tot 1nm ‘n uitverkoping en veiling  ten bate van liefdadigheid.

Daar sal pannekoeke, koeldranke, lekkergoed,  boereworsrolle,  pakkies gevriesde widsvleis,  asook koffie en koek verkoop word.

Daar sal ook ‘n  tweedehandse klerestalletjie wees.

Die amptelike veiling begin om 10vm.

Vir verdere navrae, skakel Hendrik Griesel by 082-847-0313.

Back to top button