NewsSchools

Impala nou grootste Afr laerskool

Die skool het benewens hierdie poste nog 18 beheerliggaamsposte ook

MET ‘n opgradering van die Gautengse Departement van Onderwys is Laerskool Impala nou die grootste Afrikaanse laerskool in Kemptonpark.

Hierdie hergradering van die skool van ‘n P3 na P4-skool is gebaseer op die hoeveelheid onderwysposte wat deur die department vergoed word. Hoewel hulle dit einde Augustus eers gehoor het, is hierdie status terugwerkend vanaf die begin van die jaar.

Impala het sowat 30 jaar gelede dieselfde status gehad, maar het die P4 status in die 1990s verloor weens die kwynende aantal leerlinge.

Konstante groei in leerlinggetalle die afgelope jare het dié status weer moontlik gemaak.

Theo Gouws, die skoolhoof, het in 2007 met ‘n leerlingtal van 812 as hoof oorgeneem. Vandag staan die leerlingtal op 1 068 en hulle verwag ‘n positiewe groei vir ten minste die volgende drie jaar.

Die hoër getal leerlinge het meegebring dat die skool meer onderwysers benodig het. Om ‘n P4-skool te word moes hulle vir twee jaar ‘n minimum van 25 departementele poste behou. Die skool het in 2011 en 2012 al reeds 28 poste gehad.

Die skool het benewens hierdie poste nog 18 beheerliggaamsposte ook.

Gouws is ook opgegradeer na ‘n P4 hoof. Die res van die skool se leerkragte se voordele bly dieselfde.

Gouws, sy bestuur, personeel en beheerliggaam skryf die opgradering toe aan die daaglikse uitleef van hul Christelike waardes. Die uitleef van hierdie waardes sluit in kerk toe gaan elke begin van die jaar, vieringe tydens elke jaar se Hemelvaart, asook Bybelonderrig op ‘n daaglikse basis en die interaktiewe, lewende CSV. Hulle het ook ‘n bidkamer.

By Impieland-Spogland glo hulle dat ‘n kind nog ‘n “kaalvoet-kind” kan wees en dat al die leerlinge elke dag met ‘n glimlag skool toe wil kom.

Saam met dit wil hulle vir elke kind ‘n geleentheid skep om maksimum in hul potensiaal te ontwikkel, nie net akademies nie, maar ook op die sportveld en in kultuur.

Hulle skep ‘n positiewe atmosfeer deur hul dissiplinêre stelsel, waar die kinders vir goeie goed beloon word en nie strafpunte kry vir verkeerde gedrag nie. Daar is ook positiewe slagspreuke oral opgeplak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button