Jeugland se bestes vir 2013
SHANTé le Roux is vanjaar as Jeugland se Dux-leerder by die skool se jaarlikse bekroningsaand aangekondig. Shanté het nie net weggeloop met die top toekenning nie, maar ook verskeie ander gekry: wetenskapgeletterdheid-sertifikaat van die Fakulteit Natuurwetenskappe Univeriteit van Johannesburg, erekleure vir extravaganza, revue, dienslewering, leierskap en akademie, asook vaktoekennings vir Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, lewenswetenskap, musiek, …
SHANTé le Roux is vanjaar as Jeugland se Dux-leerder by die skool se jaarlikse bekroningsaand aangekondig.
Shanté het nie net weggeloop met die top toekenning nie, maar ook verskeie ander gekry: wetenskapgeletterdheid-sertifikaat van die Fakulteit Natuurwetenskappe Univeriteit van Johannesburg, erekleure vir extravaganza, revue, dienslewering, leierskap en akademie, asook vaktoekennings vir Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, lewenswetenskap, musiek, rekenaartoepassingstegnologie en trofeë vir die beste akademiese prestasie in graad 12 en beste volgehoue akademiese prestasie vanaf graad 8 tot 12. Sy beklee die eerste posisie op die akademiese top 10.
Ander toekennings het gegaan aan:
Reder van Rooyen: leier van die jaar en Jeuglander van die jaar, wetenskapgeletterdheid-sertifikaat van Fakulteit Natuurwetenskappe Universiteit van Johannesburg, erekleure vir krieket, koor, revue, leierskap en akademie en vaktoekennings vir fisiese wetenskap en rekeningkunde.
Hy het ‘n trofee vir seuns tennisspeler van die jaar ontvang en is tweede op die akademiese top 10.
Ané van Aswegen: Jeuglander van die jaar, kultuurmeisie van die jaar (deel met Kiara Schuman), leidster van die jaar (deel met Estmari van der Westhuizen), wetenskapgeletterdheid-sertifikaat van Fakulteit Natuurwetenskappe Universiteit van Johannesburg, erekleure extravaganza, revue, dienslewering, leierskap en akademie, vaktoekenning vir visuele kuns.
Sy beklee die vierde posisie op die akademiese top 10.
Estmari van der Westhuizen: leidster van die jaar (deel met Ané van Aswegen), wetenskapgeletterdheid-sertifikaat van Fakulteit Natuurwetenskappe Universitiet van Johannesburg, erekleure atletiek, landloop, extravaganza, revue, leierskap en akademie, trofeë vir die beste volgehoue prestasie in atletiek, beste prestasie in landloop meisies (deel met Jean-Mari Witte), meisie revuespeler van die jaar.
Sy beklee die vyfde posisie op die akademiese top 10.
Jandré Botes, wat 2013 se Mnr Jeugland is, het die kultuurseun van die jaar-toekenning ontvang, asook erekleure vir revue, koor en extravaganza en trofeë vir seunkoorlid van die jaar en seun-revuespeler van die jaar.
Kiara Schuman deel die kultuurmeisie van die jaar-trofee met Ane van Aswegen. Ander toekennings wat sy gekry het, sluit in erekleure vir revue, enkelredenaars, trofeë vir senior redenaar van die jaar (deel met Riza Janse van Rensburg) en meisiekoorlid van die jaar.
Darren de Bruin is die seunatleet van die jaar, senior rugbyspeler van die jaar en sportseun van die jaar.
Zuné du Plessis is die sportmeisie van die jaar en het erekleure in atletiek, revue en leierskap gekry. Sy het ook die trofee vir die senior netbalspeler van die jaar met Charlotte Kruger gedeel.
Kyla Müller is die meisie-atleet van die jaar en veelsydigste sportmeisie van die jaar.
Luke de Beer is die veelsydigste sportseun van die jaar. Hy het ook die trofee ontvang vir junior hokkiespeler van die jaar.
