VIER matrieks van Kemptonpark het tydens die afgelope Novembereksamen elkeen ‘n onderskeiding in Alpha-wiskunde gekry.
Hulle is Siphosethu Mlonzi van Hoërskool Birchleigh (95%), Reder van Rooyen van Hoërskool Jeugland (95%), Pieter Erasmus van Hoërskool Kemptonpark (94%) en Niel du Plessis van Hoërskool Kemptonpark (90%).
Die ander presteerders was Melinda Badenhorst van Hoërskool Kemptonpark (86%), Tharine du Plooy van Hoërskool Kemptonpark (80%) en Marco Zaaiman van Hoërskool Jeugland (80%).
Alpha-wiskunde, voorheen bekend as addisionele wiskunde, is ‘n buite-kurrikulêre vak wat aangebied word aan leerders met ‘n besondere belangstelling in wiskunde. Alpha-wiskunde help om die sprong tussen skool- en universiteitswiskunde te verklein.
Leerders wat beoog om in studierigtings soos ingenieurswese, toegepaste wiskunde, rekenaarwetenskap en aktuariële en handelsrigtings te studeer, word deur Alpha-wiskunde deeglik voorberei vir verdere studie.
