NewsSchools

Agt onderskeidings vir oud-onderhoofseun

Sy stokperdjies is om saam met sy pa te gaan jag en saam met vriende te kuier

PIETER Erasmus, oud-onderhoofseun van Hoërskool Kemptonpark, het agt onderskeidings tydens die 2013 matriekeindeksamen verwerf.

Hy het dit in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, besigheidstudies, rekeningkunde, Alpha wiskunde en wiskunde 3 behaal.

Hy gaan nou BCom Rek by Tuks studeer en in Mopanie-koshuis tuisgaan.

Hy was verlede jaar lid van Kempies eerste rugbyspan wat in die Beeldtrofee-finaal gespeel het.

Erasmus vertel hy het nie ‘n spesiale formule vir onderskeidings nie, want hy het sy hele skoolloopbaan hard gewerk aan sy akademie.

Hy vind inspirasie by sy ouers, Sarel en Marleen, en oupa Francois Conradie. Hy geniet ook die ondersteuning van sy twee jonger boeties, Sarel en Francois.

Hy het die doel om reg te leef soos dit ‘n Christen pas, suksesvol te wees in wat hy doen en vir ander ‘n voorbeeld te wees.

Erasmus gee al die eer vir sy sukses aan God.

Sy stokperdjies is om saam met sy pa te gaan jag en saam met vriende te kuier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button