NewsSchools

Reder gaan aktuaris word

Sy inspirasie vir prestasie is elke keer as hy goed in 'n eksamen gedoen het

MET nege onderskeidings in die 2013 matriekeindeksamen is Reder van Rooyen Kemptonpark se top 2013 matrikulant.

Hierdie oud-hoofseun van Hoërskool Jeugland het onderskeidings gekry in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, rekeningklunde, wiskunde 3 en Alpha wiskunde. Hy beplan om ‘n aktuaris te word.

Hy gaan vanjaar met BSc aktuariële wetenskap en finansieële wiskunde by Tuks begin. Hy het plek in Huis Taaibos gekry en glo hy sal die koshuislewe geniet. Hy het eers gewik en geweeg of hy daarheen sou gaan, want hy is aan die roetine tuis gewoond.

Hy sê hy het nie iets spesiaals gedoen om die onderskeidings te behaal nie. Hy het vanaf graad 8 vir vyf jaar deur die jaar hard gewerk aan sy akademie en vir elke eksamen dieselfde hoeveelheid werk ingesit.

“Die druk was net groter tydens die eindeksamen,” het hy gesê.

Sy inspirasie vir prestasie is elke keer as hy goed in ‘n eksamen gedoen het.

Behalwe vir die harde werk in sy akademie het Van Rooyen ook soveel moontlik buitemuurs aan skoolbedrywighede deelgeneem.

Hy het aan die begin van verlede jaar besluit hy gaan nie afskaal nie, maar effektiewe tydsbestuur toepas. Behalwe vir sy pligte as hoofseun het hy ook tennis en hokkie begin speel en die skool se eerste spanne gehaal. Hy was ook koorlid, lid van die revuespan en spanredenaar.

Sy passie is egter krieket. Hy het vir in die skool se eerste span gespeel, asook vir Easterns en het aan die nasionale Cokeweek deelgeneem. Die liefde vir krieket het begin met spel saam met sy ouboet Jan-André in die tuin.

Hy wil op universiteit ernstig begin krieket speel om sy gunsteling sport verder te geniet.

Om te ontspan kyk hy graag TV, waar hy die reekse geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button