HOËRSKOOL Jeugland het vanjaar breë bors geloop na die jaarlikse distrikstoekennings.
Shanté le Roux het vaktoekennings vir Afrikaans en Engels gekry, Reder van Rooyen vir rekeningkunde en wetenskap, Eric van Zyl vir inligtingstegnologie en Jandré Botes vir siviele tegnologie.
Die skool het ook drie leerlinge onder die top vyf toppresteerders gehad. Hulle is Shanté le Roux (vierde), Erik van Zyl (derde) en Reder van Rooyen (tweede).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
