
DIE eerste krieketspan van Kempies het met 12 lopies teen Dr EG Jansen verloor.
EG het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle het 130/9 aangeteken waarna Kempies met 118/8 geantwoord het.
Die span het egter vir St Dunstens met 55 lopies gewen.
Kempies het eerste gekolf nadat hulle die loot gewen het. Hulle het 139/9 aangeteken waarna St Dunstens tot 84/8 beperk is.
Die uitblinkers was Divan de Beer (45), Louis Geldenhuys (19), Anré Craven (14), Walter (4/14) en Wilber van Dyk (1/12).
By die Gauteng Top Toekennings was Kempies onder die drie beste sportskole in Gauteng.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
