NewsSchools

Spog-Impies is vanjaar groen

Elke graad gaan die kans kry om vanjaar bome by die skool te plant

DIE graad R klas van Laerskool Impala was Vrydag die skool se eerste klas wat hul boomplantdag gehou het.

Die skool beplan agt sulke dae sodat elke grad die geleentheid kry om bome by die skool te plant.

Die boomplantdae word elke maand gehou en meer as een boom kan tydens ‘n graad se boomplantdag geplant word.

Tydens dié dae gaan leerlinge ingelig word oor kwessies rakende die belangrikheid van bome en plante en ook die noodsaaklikheid om dit mooi op te pas.

Die fisiese boomplantdae word voorafgegaan deur ‘n boodskap uit die Woord waar leerlinge bewus gemaak word van God se opdrag aan die mens om die Skepping op te pas en met ernstigheid en respek daarmee om te gaan.

Tydens die boomblantdae wat deur die jaar gaan plaasvind, gaan die Impies groen aantrek. Van die klasse se leerlinge het reeds groen T-hemde en pette gekry om hul Groenjaar uit te leef.

Die boomplantdae maak deel uit van Laerskool Impala se Groenjaar. Dit is die jaar waar elke Impie se daaglikse uitleef van hul Christenskap aansluit by hul waardering vir die Skepping.

Die Impies word vanjaar daadwerklik bewus gemaak van die skoonheid en die wonder van ons pragtige planeet en omgewing.

Theo Gouws, skoolhoof, het gesê dat daar groot opgewondenheid onder die Spog-Impies heers en die jaar se planne is reeds met ongelooflike ondersteuning van die ouers voluit aan die gang.

Hy het gesê die jaar het begin met die aanstel van Groenleiers vir elke klas. Die Groenleiers het elkeen ‘n Groenleier-balkie ontvang en moet met die dra daarvan toesien dat daar nie met water gemors word nie, dat die terrein rommelvry is, dat ligte nie onnodig brand nie en dat die hersirkuleerhouers in klasse leeggemaak word.

Elke week word ‘n nuwe Groenleier in die klas aangestel om sodoende elke Impie in die skool die geleentheid te bied om die posisie te beklee.

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button