Editor's choiceLocal newsNews

VLU-lede blink uit by konferensie

Die tak as geheel was derde in die blomme-afdeling en derde op die konferensie

VYF lede van Kemptonpark Vroue Landbou-unie het met ses eerste pryse by die jaarlikse konferensie van die Goudrifstreek weggestap.

Die tak se skakelbeampte, Drienie von Wielligh, is ook as skakelbeampte van die jaar aangewys. Sy het ook die eerste prys vir tak-album van die jaar verower.

Lulu Pieterse, die takvoorsitter, was eerste in gevorderde blommerangskikking en hekelwerk (tafelmatjies van herwinningsmateriaal). Sy was ook derde in die afdeling vir die lid met die meeste punte by die konferensie.

Anna Jones het die afdeling vir masjienborduurwerk ingepalm en Debbie du Toit was eerste in Colbert-borduurwerk. Annette Stroebel het die handvlyt gewen.

Die tak as geheel was derde in die blomme-afdeling en derde op die konferensie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button