Kempies wen lekker pryse
MIZPAH-HAIR het ‘n dag vol kompetisiepret by Hoërskool Kemptonpark gehou. Verskeie borge het aan die inisiatief deelgeneem, wat gereeld deur Life Line en Be Your Dream gehou word. Hierdie maatskappye gaan na skole en maak kinders se drome waar. Geskenkpakke, ‘n fiets en studiebeurse is gewen. Laastens is 13 leerlinge se name getrek en hulle …

MIZPAH-HAIR het ‘n dag vol kompetisiepret by Hoërskool Kemptonpark gehou. Verskeie borge het aan die inisiatief deelgeneem, wat gereeld deur Life Line en Be Your Dream gehou word. Hierdie maatskappye gaan na skole en maak kinders se drome waar. Geskenkpakke, ‘n fiets en studiebeurse is gewen. Laastens is 13 leerlinge se name getrek en hulle het elk die geleentheid gewen om by Glen Acres Super Spar ‘n vyf-minuut trolliewedloop te doen. Die dag se pret sal op kanaal 146 op Anaïs se realiteitsprogram wat binnekort uitgesaai gaan word. Hier maak Divan van Loggerenberg seker hy kry ‘n paar koeldranke in sy trollie.
Sien nog foto’s in die gallery-afdeling









