Editor's choiceLocal newsNews

Werkplek vier 25 jaar met kaas-en-wyn

Hulle het ook 'n wenslys om die werkplek te verbeter

DIE Oos-Randse Beskermde Werkplek vier op 11 April sy 25ste bestaansjaar.

Die organisasie, wat 33 verstandelik gestremde mense permanent huisves en 75 elke dag met busse gaan haal om die dag by die werkplek deur te bring en nuwe vaardighede te leer, beplan ‘n kaas-en-wyn by hul perseel in 67 Maplestraat, Pomona.

Die geleentheid begin om 6.30nm en ingang is gratis.

So kom geniet ‘n aand van feesviering en danksegging vir die 25 jaar wat die werkplek ‘n groot rol in die lewe van talle gestremdes gespeel het.

Donasies is welkom en allerlei dinge soos glase sal verkoop word.

Die werksplek se wenslys sluit in R130 000 vir ‘n nuwe Quantum-bussie. (hulle gaan hul groot Iveco-bus verkoop), maandelikse borgskappe van tussen R500 en R1 500 vir 40 mense wat nie fooie kan bekostig nie, bydraes om Bocce-bane te bou sodat hulle aan die spesiale Olimpiese Spele kan deelneem, waaiers vir werksale, ‘n terapielokaal en borgskappe om vir kunsterapie te betaal en borgskappe vir twee perde vir perdeterapie.

Vir kaartjies, skakel Vinette Roos by 082-955-5553082-955-5553.

Call
Send SMS
Add to Skype
You’ll need Skype CreditFree via Skype
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button