Vories reik uit na gemeenskap
KRUINSIG Voortrekkerkommando was nog altyd bewus van hoe belangrik dit is om die minderbevoorregte mense in die gemeenskap te onthou. Deur uit te reik na hulle, leef die Voortrekkers hul ABC uit – Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap. In die afgelope paar maande het die Kruinsig Vories op twee geleenthede ‘n verskil gemaak in die lewens …
KRUINSIG Voortrekkerkommando was nog altyd bewus van hoe belangrik dit is om die minderbevoorregte mense in die gemeenskap te onthou.
Deur uit te reik na hulle, leef die Voortrekkers hul ABC uit – Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap.
In die afgelope paar maande het die Kruinsig Vories op twee geleenthede ‘n verskil gemaak in die lewens van behoeftiges in die gemeenskap.
Op 14 September laasjaar het hulle hul jaarlikse besoek by Allenpark Ouetehuis afgelê. Oud en jonk het heerlik buite op die grasperk saamgekuier en meer as 500 inwoners is bederf met ‘n bakkie kerrie-en-rys met slaai.
‘n Plakkersaand is op 31 Januarie op Laerskool Kruinsig se terrein gehou. Hier is die Voortrekkers uitgedaag om ‘n skuiling te bou waarin die aand geslaap kon word.
Slegs materiale wat ‘n hawelose persoon sou kon bekom, kon gebruik word. Die kinders het hard gebou aan hul skuilings en gou besef wat haweloses op ‘n daaglikse basis ervaar.
Al die kinders het die aand in hul skuilings spandeer en dit baie geniet. Almal wat deelgeneem het, is gevra om kos en skryfbehoeftes saam te bring as “ingangsfooi”. Hierdie items is aan minderbevoorregte kinders geskenk.
Ouers wat wil hê hul kinders moet by die kommando betrokke raak, kan Finette Britz by 083-287-2102
083-287-2102 of Wouter Brits by 082-433-3078
082-433-3078 skakel.
