OOS-RAND Akademie het op 16 April sy 18de verjaarsdag gevier.
Die leerlinge het boereworsrolle en ‘n lang pouse geniet om die geleentheid te vier.
‘n Kaskardag is oorspronklik gereël, maar weervoorspellings het op reën gedui en dit is toe na ‘n ander dag uitgestel.
Die skool het in 1996 met 35 leerlinge geopen met dr Tersia King as hoof. In 1997 het Johan Kruger as hoof oorgeneem. Vandag het die skool 144 leerlinge. In 2013 het Annatjie Smith die skool gekoop.
René Jordaan, die huidige hoof, beklee al vir ses jaar hierdie posisie en sy het gesê dat hulle in hierdie tyd nog elke jaar ‘n 100 persent matriekslaagsyfer gehad het.
Die skool was vroeër jare net ‘n laerskool, maar het mettertyd gegroei tot waar hulle vandag leerlinge van kleuterskool tot matriek het. Die skool is een van die min privaat Afrikaanse skole in die gebied.
Kyk in die gallery-afdeling na nog foto’s van die dag.
