Aanbiddingseminaar op 24 Mei
Hierdie interkerklike seminaar is daarop gemik om die vrae en misverstande aan te spreek rondom aanbiddingsbeweging/christelike danse

‘n Interaktiewe dans- en aanbiddingseminaar word op 24 Mei van 9vm tot 4nm deur Eden Bedieninge aangebied.
Dit vind plaas by Kairos-jeugsentrum by die NG Gemeente Hoogland in De Wiekusweg.
Die seminaar word toegelig met praktiese demonstrasies van gemeentelike aanbiddingsbewegings, vlag- en tamboeryn-tegnieke en gekoreografeerde dansuitdrukking.
Hierdie interkerklike seminaar is daarop gemik om die vrae en misverstande aan te spreek rondom aanbiddingsbeweging/christelike danse en ook om lede te werf vir Eden Satellietskool in Kemptonpark onder leiding van René van der Bank. Bedieningsbyeenkomste vind plaas Dinsdagaande om 6.30nm.
Die aanbieder is Izak Coetzee, direkteur van Eden Bedieninge. ‘n Dankoffer sal waardeer word.
Vir inligting en registrasie, skakel René by 082-965-0388 na 4nm.
