LAERKOOL Impala se Aqualeiers se eerste uitreikaksie was ‘n groot sukses toe hulle lekkergoedpakkies in die pediatriese eenheid van Arwyp Mediese Sentrum uitgedeel het.
Die matrone en susters was baie behulpsaam en het saam met die Impies deur die sale geloop en bietjie geskiedenis van die verskillende pasiënte gedeel.
Die Aqualeiers het die lekkers met bemoedigende boodskappe aan die kinders in die hospitaal uitgedeel en die glimlag op die gesiggies was vir die skool “priceless”.
“Die Here doen verseker groot werk hier by ons skool en ons kan net dankbaar wees vir alles wat ons het en kan gee!”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
