Editor's choiceNewsSchools

Jeugland se kore maak geskiedenis

Die kore vertrek op 2 Julie na Duitsland, Oostenryk en Slovakye waar hulle verskeie konserte gaan aanbied

HOËRSKOOL Jeugland het vanjaar geskiedenis gemaak deur nie net ‘n seun- en meisiekoor vir die ATKV Applous in te skryf nie, maar ook ‘n gemengde koor.

Jeugland is die enigste hoërskool in die land wat drie kore vir die kompetisie kon inskryf.

Die seunkoor bestaan uit 85 manne, die meisiekoor uit 114 meisies en die gemengde koor het 110 lede.

Die gemengde koor het op 16 Mei aan die uitdunne in Randburg deelgeneem en ‘n goue medalje ontvang. Die seun- en meisiekore het op 23 Mei in Pretoria deelgeneem en albei goud verower.

Die Jeuglandkore gaan van 10-13 Julie aan ‘n interansionale koorkompetisie in Bratislava deelneem. Die seun- en meisiekore gaan elk aan twee afdelings deelneem en die gemengde koor aan een.

Die kore vertrek op 2 Julie na Duitsland, Oostenryk en Slovakye waar hulle verskeie konserte gaan aanbied voordat die kompetisie begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button