Die sirkus van vrouwees – bespreek nou
Vier Vrouedag op 'n spesiale manier saam met die NG Gemeente Kempton-Kruin

DIE NG Gemeente Kempton Kruin vier Vrouedag, 9 Augustus op ‘n spesiale manier! Die tema is Die Sirkus van Vrouwees.
Die gedagte van sirkus het ontstaan aangesien baie vroue maskers van die lewe dra sodat almal van buite dink dat dit goed gaan en alles onder beheer is, maar intussen gaan dit glad nie goed nie.
Die ander rede is die feit dat ‘n vrou op ‘n daaglikse basis haar lewe moet “juggle” tussen presteer by die werk, ma-wees vir haar kinders en vrou-wees vir haar man. Gewoonlik bly “haarself” agterweë.
Die program bevat ‘n verskeidenheid items. Daar is lofprysing en samesang met gemeente-orkes, asook ander sang- en dansitems.
Die kerk se jeugwerker, Michelle van Tonder, gesels oor geestelike vrouwees, terwyl uiterlike skoonheid deur Sylana Brink aangespreek sal word. Sy is onlangs gekroon as die Moderne Vrou van die Jaar.
Hester van Aswegen, ‘n fisioterapeut, sal oor vroulike gesondheid, skete en geite praat en André van ZHair Design sal haarstyle en grimering vir verskillende gesigvorme bespreek.
Daar gaan baie pryse en stalletjies wees met heerlike tee en middagete.
Die geleentheid vind plaas in die rooi en blou sale sale by die kerk in Fiskaalstraat en sal van 8.30vm tot 3nm plaasvind.
Kaartjies kos R120 ‘n persoon en is beskikbaar by die kerkkantoor by 011-391-8183.
