Editor's choiceNewsSchools

Jeugie-kore wen oorsese toekennings

Die drie kore, onder leiding van Gert Pottas en Hester Eigner, het vanjaar ook verskeie ander welslae behaa

HOëRSKOOL Jeugland se kore het die skool se naam hoog gehou tydens ‘n oorsese toer waar hulle verskeie toekennings verower het.

In Julie het 116 Jeugies aan ‘n internasionale kompetisie in Bratislava deelgeneem. Die meisiekoor het twee silwer toekennings by die kompetisie ontvang, naamlik vir meisies 0/21 en in die gewyde afdeling.

Die seunkoor het ook twee silwer toekennings gekry, naamlik vir seuns 0/21 en die gospelafdeling.

Die gemengde koor het goud in die afdeling volksliedere gekry en ook die afdeling gewen.

Die toer is voorafgegaan met konserte in Duitsland en Oostenryk waar die Jeugies mense gemotiveer en geïnspireer het met hul sang.

Die drie kore, onder leiding van Gert Pottas en Hester Eigner, het vanjaar ook verskeie ander welslae behaal. Al drie die kore het aan die ATKV-uitdunne deelgneem en elkeen ‘n goue toekenning verower.

Die seunkoor het ook aan die ATKV-finaal deelgeneem waar hulle goud ontvang het.

By die onderwysdepartment se Segarona-distrikskompetisie het al drie kore 95% gekry om die distrikskompetisie te wen. Die gemendge koor is gekies om die Ekhuruleni-distrik by die provinsiale kompetisie te verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button