
DIE sanger en Iiedjieskrywer, Billy Joel, het eenmaal gesê dat musiek genesend is, dat dit ‘n eksplosiewe uitdrukking van die mensdom is en dat dit is iets is waardeur almal aangeraak word.
Só is Kempieleerders, ouers en vriende laasweek aangeraak en op ‘n kultuurreis geneem.’n Kempie-kultuurfees is onder leiding van die VLR- kuttuurportefeulje aangebied. Ruan de Witt en Anri Swanepoel (kultuurhoofleiers) het hulle goed van hul taak gekwyt en die gehore tong in die kies in toneel- en koorterme onderrig.Die koor het die gehoor met sang op ‘n reis deur verskillende lande geneem. Die toneelstuk, “Ek is”, handel oor die werklikheid van die samelewing waar almal maskers dra en daaragter skuil. Verskeie Kempiesterre is ook ontdek.
Die kultuurfees is afgesluit met die revue, wat die woorde van die legendariese Mahatma Ghandi uitbeeld: “Die aarde kan enigiets oorleef behalwe die gierigheid van die mens”. Jukskei: 0/16 wen Jeugland 8-7 en Hugenote 10½-4 ½.
Karate: Vincent van Heerden (gr 12) is gekies om SA by die junior karate wêreldkampioenskappe in Poland te verteenwoordig.
Ringbal: Meisies: 0/15A wen 12-2 teen Rhodesfield, 0/15B verloor 6-20 teen Brandwag, 0/17A gelyk 20-20 teen Birchleigh, 0/17Bverloor 14-26 teen Goudrif, 0/18 wen 44-22 teen Hans Moore.
Seuns: 0/15 verloor 10-30 teen Brandwag, 0/17 verloor 8-26 teen Birchleigh, 0/18 wen 30-14 teen Goudrif.
Luggeweerskiet: Agt Kempies is gekies om Oos-Gauteng by SA in Randburg te verteenwoordig. Hulle is Chantelle Botha, Michael van der Watt, Jovan Botha, Philip Haussamer, Simone Mzyk, Michael Lombard, Adriaan Barnard en Adrian Strydom.
Die volgende skuts het medaljes by proewe 5: Adriaan Barnard (silwer sporter 0/14 3P en sporter 0/14 10m), Jovan Botha (silwer presisie 0/14 3P en presisie 10m), Philip Haussamer (goud sporter 0/16 3P, silwer sporter 0/16 10m, goud sporter algeheel), Chantelle Botha (goud presisie 0/21 3P en goud presisie 0/21 10m, goud presisie algeheel).
Taekwondo: Gert Ungerer is uitgenooi na die sesde Taekwondo Friendship Games op 31 Augustus. Hy is tans die junior Suid-Afrikaanse kampioen en sal later vanjaar aan die SA kampioenskappe deelneem.
Krieket: T20: Eerstes: Kempton wen met 4 paaltjies. Dinamika 90 almal uit. Kempton 91/6. Man van wedstryd: Ruhan Janse van Rensburg (4 beurte, 2/5).
0/15: Kempton wen met 53 lopies. 175/2. Linden 122 almal uit. Man van wedstryd: JP Bloem (75 lopies van 50 balle).
Liga vs Easterns: Eerstes: Kempton wen met 84 lopies. Kempies 201/10. Easterns 117/10. Uitblinkers: Zanden Els (66), WJ Britz (43), Wilber van Dyk (4/17).
Vs Die Anker: Kempies wen met 280 lopies. Kempies 319. Anker 39/10). Uitblinkers: Louis Geldenhuys (105), Zander Els (73) en Armand van Lingen (61).
0/15 vs Die Anker: Kempton wen met 210 lopies. Kempton 396. Anker 86/10.
Rugby: UJ Coke-reeks: Kempton 16 Marais Viljoen 16.
Roodepoort-reeks: Kempies B Coke-span 17 Hoërskool Middelburg 48.
