NewsSchools

Video: Akademie daag alle Kempton-skole uit

Die wat nie yswater oor hulself wil gooi nie, kan 'n donasie maak deur "J9" na 42305 te sms

OOS-RAND Akademie het as skool saam die ysemmer-uitdaging aangedurf.

Die gr R tot gr 3-leerlinge het ‘n donasie gemaak en die water na die ouer leerders gegooi terwyl gr 4 tot gr 12-leerlinge ook ‘n donasie gemaak het en yswater oor hul eie koppe gegooi het.

Van die personeel het ook die uitdaging aanvaar. Die geld gaan aan die J9 Fondasie ten bate van MNS geskenk word.

Oos-Rand Akademie nomineer alle skole in Kemptonpark om binne die volgende week as skool saam die uitdaging te aanvaar en hulle glo dat Kempton ‘n verskil kan maak.

Die wat nie yswater oor hulself wil gooi nie, kan ‘n donasie maak deur “J9” na 42305 te sms. Die sms kos R30 en gratis sms’e geld nie.

Bydraes kan ook elektronies by die volgende rekening inbetaal word: Nedbank Mynlyn, J9 Foundation, rekening 101 721 7173, bankkode 160545, lopende rekening.

Die J9 Fondasie gebruik die geld om die publiek in te lig oor die siekte asook om mediese personeel op te lei om die siekte vroeƫr raak te sien.

Kyk die video van die personeel wat hulself natgooi hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button