Allenpark vier Week vir Ouer Persone
Kom geniet die hele week by Allenpark

ALLENPARK vier van 29 September tot 3 Oktober Die Week vir Ouer Persone.
Op 29 September is daar van 9vm tot 3nm ‘n stokperdjie-uitstalling, asook ‘n uitstalling met die tema van toeka tot nou.
Op 30 September is daar vanaf 8.30vm ‘n pretloop en van 11vm tot 1.30nm speletjies en middagete.
‘n Bybelvasvra word op 1 Oktober om 10vm in beide Engels en Afrikaans gehou. Tee en skons sal bedien word.
Tobie Jooste maak op 2 Oktober om 10vm ‘n draai. Die optrede kos R50 ‘n persoon.
Vrydag, 3 Oktober, vind ‘n tuinkompetisie plaas. Die beoordeling is van 8vm tot 10vm en die prysuitdeling van 10vm tot 12nm, wat ‘n ligte middagete in die sinklapa insluit.
Skakel Marie Ras by 011-972-4220 x 206 vir meer inligting.
