HOËRSKOOL Kemptonpark het op 23 September sy 58ste verjaardag met Kapperjolle gevier.
Hoewel die skool in Januarie 1956 geopen is, vier hulle dit in September volgens ‘n gedenkplaat by die skool.
Bykans 800 Kempies het aan die Kempie Kapperjolle deelgeneem.
Nege-en-dertig spanne, elk met hul eie tema, het in graadverband teen mekaar deelgeneem in aktiwiteite soos ‘n optog, aflos met ‘n duiksak, toutrek, vlugbal, tennis, hokkie, ringbal, sokker, skaak en dan ook akademiese aktiwiteite soos spel, Soduku, nuusvasvra, stomstreke en nog vele meer.
Die wenklas vanjaar was graad 11G.
Die dag se pret en plesier is afgesluit met ‘n kleurfees en sokkie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
