NewsSchools

Kempies praat ‘n eerste plek los

Twee krieketspanne palm die Easterns-liga in

‘n Graad 12 span van Hoërskool Kemptonpark is die nasionale wenners in die Radikale Redenaarskompetisie, terwyl drie ander spanne die naaswenners was.

Die wenspan van mevv Avenant en Pieterse het bestaan uit Kaylee Avenant, Armand Brits, Bianca Muller en Daniel Terblanche.

Die naaswenners was:

Gr 12 (Botha en Fourie) – Andria Botha, Niel van Tonder, Kirsten Mocke en Marne Jonker.

Gr 11 (Roodt) – Freddie van Rooyen, Demi-Lize Shandos, Jennica Moller en Monique Wagner.

Gr 8 (Opperman) – Tiaan Hattingh, Meghan van Dijk, James Peterson en Suné Brandt.

Artistiese gimnastiek: André Geyer wen in die gevorderde vlak 7 afdelings vier silwer- en twee bronsmedaljes by die SA kampioenskappe. Hy was ook algeheel derde.

Krieket: Die 0/15A en 0/14A krieketspanne is albei Easterns-kampioene.

O/15A het Dr EG Jansen met nege paaltjies in die finaal geklop. EG 134/10 in die 28ste beurt. Kempies 135/1 in die 32ste beurt.

Die uitblinkers was Kyle Hofman (53*), Coenie van Deventer (44* en 2 paaltjies in 3 beurte), JP Bloem (2 paaltjies in 8 beurte) en Quinton Fincham (3 paaltjies in 3 beurte).

O/14A het Hugenote met nege paaltjies verslaan. Hugenote 88. Kempies 89.

Die uitblinkers was Dylan Swartz (2/6), Francois Marais (2/14), JP Bloem (46*).

Die derde span het hul semi-finaal teen Dr EG Jansen op die laaste bal gewen. EG het eerste gekolf en 183/2 aangeteken. Kempton het met die laaste bal die totaal verbygesteek om met drie paaltjies te wen.

Die uitblinkers was Christopher Schimper (81*) en Lieu van Schalkwyk (18*).

Sewesrugby: Die O/15’s wen die plaatfinaal van die Noordvaal-kampioenskappe nadat hulle Middelburg met 26-12 geklop het.

Ringbal: Na afloop van die nasionale skole-ringbaltoernooi is verskeie spelers vir die nasionale spanne gekies.

Protea-Groen: Merriam Maloka, Christa Smith, Raulene Killian, Marné Jonker, Dewald Coetzee, Tristan Bester, Armand Booysens en Nico Cronje (kaptein).

Uitnodigingspan: Giani Oosthuizen, Joanet van Zyl, Samantha Ntuli, Leane Minnaar en Rudolph de Jager.

Presidentspan: Zath Lots en Aiden Leeuw.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button