Editor's choiceLocal newsNews

Kinderkerk by Kempton-Kruin

Hulle het 'n ander benadering tot jeugbediening

NADAT Kempton-Kruin se Survivor-kindernaweek so suksesvol was, bied die gemeente se kinderkerk Sondag, 2 November om 9vm ‘n kinderkerk-opedag aan.

Die gemeente het ‘n spesiale benadering tot kinderbediening en rig hiermee ‘n uitnodiging aan die gemeenskap om hul kinderkerk te kom beleef.

Kinders word by ses bedieningspunte bedien, waar ‘n volwaardige erediens gehou word wat ooreenstem met die ontwikkelingsvlak van die kind.

Die ses bedieningspunte is Besige Bytjies Bababediening (6 maande tot 2 jaar), Dapper Muise Peuterbediening (2 tot 3 jaar), kleuterbediening (4 tot 6 jaar), junior kinderbediening (graad 1 tot 3), senior kinderbediening (graad 4 tot 6) en die Super Sewes (graad 7).

Christen-gesinne wat laerskoolkinders het word uitgenooi om die gemeente se kinderkerk by die kerk in Fiskaalstraat, Glen Marais by te woon. Ouers is welkom om die dienste saam met hulle kinders by te woon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button