Dit was met ‘n swaar hart dat Laerskool Impala totsiens gesê het aan hul graad 7 leerders tydens die graad 7 CSV afskeid.
Tydens die geleentheid het die graad 7 leerders gereflekteer oor die sewe jaar wat in ‘n oogwink verby is en watter rol God in hul lewens gespeel het tydens hierdie ongelooflike reis.
Derek Steffens het met hulle gepraat oor hul geestelike identiteit wat deur God gevestig is en dat hulle volgende jaar die ligdraers by die hoërskool gaan wees.
Elke leerling het ‘n geskenkpakkie ontvang wat bestaan uit ‘n Bybel met die leerders se naam voor in geskryf, asook ‘n pen.
Die skool wil dankie sê aan Alta Oberholzer wat aan die CSV hierdie geskenkpakkies geskenk het.
