DIE revuegroep van Hoërskool Jeugland het vanjaar al die revuekompetisies waaraan hulle deelgeneem het, gewen.Op 6 Augustus het Jeugland se revue aan die Onderwysdepartement se Segarona- kunswedstryd deelgeneem. Hulle het 95% behaal en is as itemwenners aangewys. Hulle is ook na die provinsiale kompetisie uitgenooi.
Op 15 Augustus het die groep aan Kemptonpark Kunswedstryd deelgeneem en is met 96% weer as itemwenners aangewys.
Op 5 September het hulle die Kaleidoscope Revue-kompetisie, wat deel van die Tshwane Kunstefees was, ingepalm.
Verder het die revuegroep ook aan die Opusrevue-kompetisie in 20 September deelgeneem en dit gewen.
Die Jeugies het die kersie op die koek gesit toe hulle op 22 Oktober Segarona se provinsiale kompetisie gewen het en Gauteng-kleure ontvang het.
