
LAERSKOOL Kemptonpark het ‘n fondsinsameling gehou deur geskenkte koek te verkoop. Die skool se terapeutiese vleuel het die fondsinsameling gereël. Die skool is ‘n hoofstroomskool wat ook leerders met spesiale leerbehoeftes akkommodeer (voldiens). Van die leerders is gehoor-, sig- en fisies gestremd. Al die fondse wat ingesamel is gaan die leerders help met dinge soos mediese onkostes, hulpmiddels en alle ondersteuning wat hulle met spesifieke onderwysbehoeftes nodig het. Hier is Adri le Roux (departementshoof intersenfase), Phthessa Jansen van Vuuren (skoolsuster) en Alta van Rensburg (adjunkhoof).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
