
DIE Aqualeiers van Laerskool Impala was die naweek van 31 Oktober tot 2 November op ‘n opleidingskamp in Randburg.
Gedurende die naweek is hulle verhouding met God versterk en het hulle praatjies bygewoon oor onder meer jou verhouding met God, jou gebedslewe en hoe om die nuwe reis as Aqualeier aan te pak.
Speel-speel het hulle mekaar ook beter leer ken en geleer om as ‘n span saam te werk om hul roeping te vervul en Jesus-liefde uit te deel.
Dit is ‘n groot verantwoordelikheid, maar met gebed en krag van bo sal die Impie Aqualeiers uitreik en ‘n verskil maak, nie net in die skool nie, maar ook in Kemptonpark.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
