NewsSchools

Kruinsig groet drie van die bestes

Hulle het gesamentlik 88 jaar lank by die skool gewerk

DRIE jarelange personeellede van Laerskool Kruinsig tree vanjaar, wanneer die skool sluit, af.

Johannes Molokomme (61), Grace Maloka (60) en Sarie Cloete, het gesamentlik 88 jaar lank by die skool gewerk.

Molokomme het in 1980 daar begin, Maloka in 1993 en Cloete in 1981.

Molokomme, ‘n pa van ses, was die algemene bestuurder van die skoolterrein. Hy het gesê dat hy nou net sy aftrede gaan geniet deur lekker te slaap en tuin te maak by sy huis.

Hy het gesê dat hy al sy jare by Kruinsig as wonderlik sal onthou.

Maloka, ‘n ma van vier, wat ‘n skoonmaker was, het ook gesê dat sy net haar aftrede wil geniet.

“Kruinsig is soos my huis,” het sy gesê.

Cloete het vir die graad 1’s klas gegee. Sy het verkies om nie met Express te gesels nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button