
HOËRSKOOL Jeugland se koor is genooi om in November laasjaar by Slovakia se ambassade op te tree. Met Jeugland se besoek aan die Republiek van Slovakia het die Jeugies hul stemme dik gemaak en is genooi om op Slovakia se erfenisdag by die ambassade as vermaak op te tree. Die Jeugies het dié geskiedkundige dag met die landslied afgeskop. Ongelukkig kon net 20 koorlede die geleentheid bywoon, aangesien die Jeugies se drie kore meer as 100 lede het en daar nie genoeg plek was nie. Hier is Matej Salon (consul and deputy HoM), Tseliso Baatile Maqubela (deputy director general Petroleum & Petroleum Products Registration), mnr Pottas (koorleier) en mev M Schuman (koororganiseerder) saam met van die koorlede.
