‘n Nuwe Impala-tradisie, die prefekfakkel, is vanjaar by die skool begin.
Hierdie fakkel, saam met die simboliese betekenis, is gemonteer in die skool se voorportaal vir die hele gemeenskap om te sien. Die fakkel sal elke dag brand om beide die leerders en personeel gereeld aan die simboliek te herinner. Die fakkel se simboliek is:
’n Fakkel is ‘n simbool van lig en hoop, die uitwissing van onkunde. Dit verteenwoordig die vermoë van elke leerling om te dien as ‘n ligbaken in hul gemeenskap deur voor te loop en leiding te neem.
‘n Fakkel herinner leerders dat indien hulle die pad vir hul naaste verlig, hul eie pad ook sal verhelder. Onderwys is ‘n ligbaken vir Suid-Afrika en ons jong generasie – ons toekoms.
Matt 5:14,16 :“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
