NewsSchools

Edleen Laer begin met Engelse klasse

Laerskool Edleen se getalle het die afgelope aantal jare gestagneer tussen 600 en 650 leerlinge

LAERSKOOL Edleen is vanaf die begin van die jaar ‘n parallel-medium skool en spog reeds met een Engelse graad een klas sowel as ‘n Engelse graad R klas.

Volgens die hoof, Hannes Roodt, het die Beheerliggaam laasjaar besluit dat Laerskool Edleen vanaf 2015 ook ‘n Engelse baan by die skool gaan aanbied.

“Die rede vir die besluit is die feit dat Laerskool Edleen se getalle die afgelope aantal jare gestagneer het tussen 600 en 650 leerlinge. Die skool het egter plek vir 850 leerlinge.

“Op grond van die beskikbaarheid van spasie en die toenemende druk waaronder Engelse skole jaarliks in Kemptonpark is, het die beheerliggaam dié besluit geneem,” het Roodt gesê.

“Die skool neem egter net leerlinge van die direkte voedingsgebied af. Geen leerling van buite die grense word toegelaat nie. Ons as skool en beheerliggaam is geweldig opgewonde en sien hierdie as ‘n groot uitdaging. Ons het reeds die eerste positiewe gevolg gesien deurdat ons getalle vanaf verlede jaar met meer as 50 leerlinge gestyg het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button