Eienaar soek kat na ongeluk op snelweg
Die katte se vervoerboks het oopgebreek toe die kar omslaan
DIE kat van ‘n vrou wat Vrydagmiddag in ‘n ongeluk op die R21 by die lughawe was, is steeds soek.
Susann Brits reik ‘n beloning uit aan enigeen wat die kat, Pinocchio, aan haar terugbesorg.
Die ongeluk het om 2nm by die OR Tambo,Boksburg,Johannesburg-split plaasgevind. ‘n Persoon in ‘n wit voertuig het vanaf die Johannesburg-afrit oor die snelweg reg voor haar ingery.
” Ek moes uitswaai vir die persoon wat teen ‘n slakkepas gery het. Ek het beheer oor my kar verloor, is teen die skuinste op en my kar het op sy, sy tot stilstand gekom. Die persoon wat verantwoordelik was vir die ongeluk het net aanhou ry,” het sy gesê.
Saam met haar in die kar was haar twee katte in ‘n vervoerboks. Met die ongeluk het die boks gebreek en die katte het ontsnap.
Die een is oomblikke later gevang, maar die mannetjieskat, Pinocchio, is steeds weg. Hy is al ‘n paar keer op die lughawe gesien, maar kon nog nie gevang word nie.
Hy is ‘n swart/bruin langhaar Tabby wat reggemaak is. Hy het ‘n kroniese toestand en is op spesiale kos.
“Ek vra dat indien enigiemand inligting het, hulle my by 082-785-4181 kontak.
