Local newsNews

Lance James se vrou in haar slaap oorlede

Val laat haar man, hul twee dogters en drie kleinkinders agter

Countrysanger Lance James se vrou, Valerie, is Woensdagaand in die ouderdom van 77 vreedsaam in haar slaap oorlede.

Valerie, meer bekend as “Val”, het vir sowat sewe jaar aan demensie gely. Sy het ook Parkinson se siekte gehad en was boonop stom en verlam.

Val het vir sowat twee jaar versorging by ’n ouetehuis in Bryanston ontvang. Lance het die ouetehuis bedank vir goeie diens en gesê dat sy geliefde vrou regdeur die lang stryd baie dapper was.

“Val is wonderlik versorg en hoewel sy soveel gely het, het sy nóóit gekla nie.”

Die paartjie sou op 3 September vanjaar 50 jaar getroud gewees het.

Val laat haar man, hul twee dogters en drie kleinkinders agter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button