Editor's choiceLocal newsNews

Pollie Pou hou alle kleuters gelukkig

‘n Afsonderlike area gaan in die toekoms ontwikkel word om ook die speel met water, modder en saagsels te bevat

LAERSKOOL Bredell het sy Pollie Pou Kleuterkollege in Desember opgeknap om ook graad RRR kleuters te akkommodeer.

Met dié uitbreiding van die kleuterskool wil die beheerliggaam en bestuur die voortbestaan van die skool as een van slegs drie Afrikaanse laerskole in Kemptonpark verseker.

Die klassies is uitgeverf en toerusting uitgesorteer om seker te maak dat die kleuters net die beste onderrig kry. Die speelterrein is verander en opgegradeer volgens ‘n kenner op die kleuteronderwysgebied, Sophie Breytenbach.

In ‘n tegnologies- en inligtingsgedrewe samelewing word die fout begaan dat kleuters reeds van ‘n jong ouderdom af akademies moet presteer. ‘n Kleuter leer egter beter deur gebruik te maak van beweging en daarom is die groot motoriese ontwikkeling van die kinders van onskatbare waarde.

Die terrein is met daardie agtergrondkennis beplan en ontwikkel. Daar is 10 verkillende areas ontwikkel waar die kleuters hulle ten volle kan uitleef en hollisties kan ontwikkel.

Die gebiede is die sandput-, bal-,klim-, trippe-trappe-tone-, bundu-, fantasie-, storietuin-, wiel-, balans- en sensopatiese areas.

‘n Afsonderlike area gaan in die toekoms ontwikkel word om ook die speel met water, modder, saagsels ens te bevat om die kinders ook aan daardie teksture bekend te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button