Editor's choiceNewsSchools

Impies deel lekkers aan siek kinders uit

Dit was een van die skool se agt uitreikprojekte vanjaar

LAERSKOOL Impala vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar en verskeie interessante projekte word aangepak.

Onder die tema, Impies Reik Uit, word agt uitreikprojekte geloods om hulpbehoewendes in die skool en groter gemeenskap te ondersteun.

Daar vind elke kwartaal twee van hierdie uitreike plaas.

Die graad eens is gevra om lekkers te bring wat die Aqualeiers (CSV-leiers) in oulike pakkies verpak het. Hierdie lekkergoedpakkies is op 23 Maart by Arwyp in die kinderafdeling uitgedeel met die boodskap: “Onthou altyd: Jesus is lief vir jou!”

Pakkies is ook aan die personeel uitgedeel om vir hulle dankie te sê vir hul passie en omgee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button