Editor's choiceNewsSchools

Oos Rand Akademie word 19 jaar oud

Die skool het tans 148 leerlinge

OOS-RAND Akademie het op 16 April sy 19de verjaarsdag gevier.

Die skool het in 1996 met slegs 35 leerlinge geopen en het vandag 148 leerlinge. Hulle handhaaf die afgelope vyf jaar ‘n 100% slaagsyfer.

Sien nog foto’s hier

“Die skool het in die verlede baie terugslae gehad, maar dit gaan beter. Ons hoop graag vir meer Afrikaanse kinders om ons skool nog voller te maak en mik vir 16 leerders per klas,” sê die hoof, René Jordaan, wat in 2009 aangestel is.

Die skool staan ook sterk in die volgende waardes: onderwerping aan die Skrif, kwaliteitonderrig, geborgenheid wat kleiner klassies meebring, gesonde dissipline en Afrikaner-kultuurgebondenheid.

Hoewel daar geen sportveld is waar die kinders kan oefen nie, doen die personeel hul bes en word daar in die tuin atletiek, rugby, netbal en krieket geoefen. Ten spyte hiervan geniet leerlinge en personeel dit en neem hulle teen ander skole deel met goeie prestasies.

“Die bestuursraad, ouers, personeel en kinders vorm saam ‘n stewige span om ons leuse van Reik Hoog uit te leef.”

Back to top button