Editor's choiceLocal newsNews

Slegs duur operasie kan tiener beter laat praat

Sy is gebore met ‘n sindroom wat maak dat haar spraak baie onduidelik is en baie klanke deur haar neus ‘ontsnap’

CON Amore-skool vra hulp vir ‘n 13-jarige meisie wat ‘n operasie nodig het om haar spraakverstaanbaarheid te verbeter.

Sy is gebore met ‘n sindroom wat maak dat haar spraak baie onduidelik is en baie klanke deur haar neus “ontsnap”.

“Dit is baie moeilik om haar te verstaan en dit is dikwels hartverskeurend om te besef hierdie pragtige kind het so baie om te sê, maar mense verstaan haar nie, en kan dus nie maklik ‘n gesprek met haar voer nie,” het Anlie du Preez, spraakterapeut by Con Amore, gesê.

Tydens die operasie sal ‘n kaak-, gesig- en mondchirurg die funksionering van haar interne keel- en neusstrukture herstel om sodoende haar spraak en kommunikasie te verbeter.

‘So ‘n operasie sal geweldig bydrae om haar sosiale vaardighede te verbeter, haar selfbeeld te lig en haar gevoel van isolasie of eensaamheid te verminder. Ongelukkig is dit ‘n baie duur en gespesialiseerde prosedure. Die meisie se ma kan dit nie bekostig nie en hulle beskik ook nie oor ‘n mediese fonds nie.

“Ons vra dat Kemptonparkers hul harte sal oopmaak vir hierdie oulike meisie en vertrou dat ons haar sal kan help.”

Vir meer inligting, skakel Renier Petersen (hoof) of Du Preez by 011-976-1037.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button