NewsSchools

Kempie-koor toer na die Drakensberge

Die Kempies was deel van agt kore van regoor die land wat deelgeneem het

DIE Kempie-koor is verlede jaar November deur die Drakensbergse Seunskoor uitgenooi om aan hulle jaarlikse “Music in the mountains festival” deel te neem wat vanaf 30 April tot 3 Mei gehou is.

Verskeie konserte is gedurende die naweek aangebied waartydens die wêreldbekende seunskoor opgetree het, asook oudlede van die Drakies, die groep Navi Redd, The Muses, Die Charl du Plessis klaviertrio en verskeie ander kore.

“Ons was voorbereid vir die toer, asook die galakonsert saam met al die kore. Ons het baie komplimente gekry en om ons eie beuel te blaas, sal ek sê ons was een van die beste kore daar,” het koordirigent, Herman Swanepoel, gesê.

Die galakonsert wat die Saterdagaand gehou is, is as fenominaal beskryf. Met 338 koorlede op die verhoog onder leiding van dr Johan van der Sandt, het die groep ‘n stuk gedoen wat geskryf is vir vyf kore met orrel, klokke, Franse horing en supraan saksofoon. Dit werk het 30 minute geduur.

“Sonder borge soos Shaun Laurens van Norkem Park Spur,asook die ouers en ander weldoeners, sou die toer nie moontlik gewees het nie. Baie dankie vir julle ondersteuning.” sê die Kempie-koor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button