EntertainmentLifestyleNewsSchools

Laerskool Birchleigh vier 50ste bestaansjaar

Die groot fees vind plaas vanaf 29 tot 31 Mei

LAERSKOOL Birchleigh vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar met ‘n groot fees vanaf 29-31 Mei.

Die program vir die naweek is:

Vrydag, 29 Mei: ‘n 5km stap vir Bybels begin om 6nm. Inskrywings is R20 per persoon en registrasievorms is beskikbaar in die kantoor).

Handwerk- en kosstalletjies sal vanaf 5nm-9nm oop wees. Om ‘n stalletjie te huur kos R300.

‘n Motorfietsvertoning word vanaf 5nm-6nm gehou en kaartjies kos R40 volwassenes en R20 skoolkinders.

Gaskunstenaar Ruan du Plessis tree om 7nm op.

Saterdag, 30 Mei: ‘n Markdag is vanaf 8vm-5nm oop. Tydens die markdag sal daar aktiwiteite plaasvind soos Mnr en Mej Birchleigh, gesigverf en waterspele, polisiehondvertoning, rugby op die grootskerm en boeresport. Die MG Motorklub hou ‘n uitstalling.

Potjiekoslapas is vanaf 5nm-11nm oop waar elke graad ‘n lapa het met die tema toeka tot nou. Die gaskunstenaar vir die aand is die Teelepeltjies-dansorkes. Kaartjies vir die driegangmaaltyd en gaskunstenaar beloop R120 volwassenes en R75 laerskoolkinders.

Sondag, 31 Mei: ‘n Kerkdiens word om 9vm op die rugbyveld gehou, waarna ‘n bring-en-braai vanaf 12nm sal plaasvind.

Vir enige navrae, skakel Jolene van der Merwe by 083-301-9650 of Sanet van der Merwe by 011-972-2127.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button