LAERSKOOL Impala het op 14 Mei Hemelvaart gevier deur 1 600 balonne in die lug los te laat, asook 50 duiwe.
Die duiwe het nie net die simboliek van die dag vasgevang nie, maar ook die skool se 50ste bestaansjaar.
Die skoolhoof Theo Gouws, hoofmeisie Mari-Lou Zaayman, en hoofseun Stefan Pretorius, het die eerste drie wit duiwe losgelaat.
“In die Bybel word die heilige gees in die vorm van ‘n duif uitgebeeld. En dit is wat ons Impies hier by Impieland ervaar. Hierdie is ‘n dag wat ons vier waar God na die hemel opgevaar het om ons plekkie daar by Hom voor te berei,” sĂȘ die Impies op hul Facebook-blad.
Elke Impie het ‘n ballon losgelaat wat ‘n boodskap simboliseer van Jesus se liefde.
