OOS-RAND Akademie het op 16 April sy 19de verjaarsdag gevier.
Die skool het in 1996 met slegs 35 leerlinge geopen en het vandag 148 leerlinge. Hulle handhaaf die afgelope vyf jaar ‘n 100% slaagsyfer.
“Die skool het in die verlede baie terugslae gehad, maar dit gaan beter. Ons hoop graag vir meer Afrikaanse kinders om ons skool nog voller te maak en mik vir 16 leerders per klas,” sê die hoof, René Jordaan, wat in 2009 aangestel is.
Die skool staan ook sterk in die volgende waardes: onderwerping aan die Skrif, kwaliteitonderrig, geborgenheid wat kleiner klassies meebring, gesonde dissipline en Afrikaner-kultuurgebondenheid.
Die skool is deur Annatjie Smith einde 2012 gekoop en daarom het hul nie meer ‘n bestuursraad nie, maar slegs ‘n eienaar.
“In die verlede het ons sport probeer, maar as gevolg van klein getalle sukkel ons met spandeelname. ‘n Hele paar van ons kinders skakel by ander skole en klubs in om aan verskeie sport deel te neem en ons moedig dit aan,” sê Jordaan.
Die nuwe vlag word ook elke Vrydagoggend deur die laerskool se hoofleiers gehys om samehorigheid en eenheid te toon.
Die skool het tans 148 leerlinge.
