Editor's choiceLocal newsNews

Kempie sing gratis opname los

Sy is die afgelope drie maande 'n musiekstudent by Duerell's School of Music

VIR Cyann Viljoen (15), ‘n leerder van Hoërskool Kemptonpark, is daar geen stop as dit kom by sing nie.

Cyann het op 30 Mei aan die Duerell’s School of Music se sangkompitisie deelgeneem waar sy nie net met die eerste plek weggestap het nie, maar ook ‘n gratis “demo”-opname by Sounds of Hunter Studios gewen het.

Die tiener is die afgelope drie maande ‘n musiekstudent by Duerell’s en het Skinny Love deur Bon Iver vir die kompetisie gesing.

“My musiekonderwyser het die liedjie gekies omdat dit by my stem pas, maar ek het ook vir my eie redes verlief geraak op die liedjie,” sê Cyann.

Cyann is ook ‘n baie kunstige mens en hou daarvan om met haar hande te werk. Sang is iets wat sy geniet, maar sy is onseker of dit haar loopbaankeuse is. “As dit die pad is wat vir my bestem is, sal ek elke geleentheid aangryp en verkieslik in die ‘adult contemporary” genre gaan.

Cyann se grootste inspirasie is haar broer, Ruan Viljoen (17). “Hy het my gehelp om musiek te vind deur sy eie liefde daarvoor. Volgens my is hy ‘n natuurlike musikant wat omtrent enige instrument kan optel en baas raak. Ongelukkig speel ek geen instrumente nie,” sê Cyann.

Sy is ook baie trots dat sy ‘n lid is van die Oos-Randse Jeugkoor van 2016. “My grootste droom in hierdie stadium is om borge te kry om dit vir my moontlik te maak om in 2016 die koorse toer na Bratislava te kan meemaak. Die koor tree in twee internasionale kompetisies tydens die toer op en ek wil graag deel wees daarvan.”

Cyann glo daarin dat jy jou talente moet gebruik, maak nie saak wat ander van jou dink of sê nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button