Local newsNews

Kempton-Kruin hou jaarlikse Vrouedag op 15 Aug

Kostes beloop R150 per persoon en sluit ’n ligte ontbyt en middagete in.

KEMPTON-KRUIN se dames bied hulle jaarlikse Vrouedag vieringe op 15 Augustus in die NG Kempton-Kruin se kerksaal aan.

Vanjaar se tema is ‘Fases van die vrou’ en die dag se vieringe beloof om beide verrykend en inspirerend te wees.

Sprekers gaan gesels oor hoe om onopgeloste emosies te hanteer, wat Bybelse skoonheid nou eintlik beteken en ’n dame gaan getuienis lewer oor hoekom jy nooit moet moed opgee nie.

Dames kan verder uitsien na ’n modeparade, verskeie uitstallings en musiek en sang deur Leon Goosen.

Alle dames word uitgenooi om saam hul vriendinne, mas, oumas, sussies en dogters te kom en ’n heerlike en ontspannende dag te geniet.

Die dag vol inspirasie begin om 7.30vm en sal om 13.30nm af sluit. Alle dames word aangemoedig om ’n hoed te dra.

Kostes beloop R150 per persoon en sluit ’n ligte ontbyt en middagete in.

Vir meer inligting of besprekings skakel gerus die kerkkantoor by 011-391-1343.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button