Local newsNews

Net twee weke oor om in te skryf

Die kinderfees vind op 29 Augustus plaas

DAAR bly net twee weke oor vir kleuterskole, ouers en grootouers om hulle kleintjies vir MES se kompetisie in te skryf.

Die sluitingsdatum is 20 Augustus. Die inskrywingsfooi is R35 ‘n kind en die wenners sal aangekondig word by die Kemptonpark Kinderfees op 29 Augustus by Maranatha Gemeenskapskerk in Glen Marais.

Die kinderfees beloof om hierdie jaar ‘n wonderlike dag vir families aan te bied met verskeie ritte, vermaak, vlooimarkstalletjies en kosstalletjies. Fondse is ten bate van MES Kemptonpark wat verskeie liefdadigheidsprojekte in die middestad van Kemptonpark bestuur.

Die kategorieë vir die kompetisie is 0-1 jaar, 1-3 jaar en 3-6 jaar.

Foto’s van die kleintjies kan nog by die deelnemende skole geneem word of ‘n afspraak kan direk met die fotograaf gereël word. Elke kind wat inskryf sal ‘n A5 grootte foto ontvang.

Die ses kategoriewenners se pryse is ‘n een uur familie-fotosessie by RW Photography met ‘n CD van al die foto’s wat geneem is (80-100 foto’s), 5 x A4 grootte afdrukke van jou gunsteling foto’s en R300 kontant.

Skakel Rienie Wiesner by 082-774-8500 vir foto-afsprake.

Vir enige navrae oor die vlooimarkstalletjies, skakel Gert Lotz by 082-574-7258. Vir enige navrae oor die kinderfees skakel Lilly Franks by 082-399-5706 of 011-024-4580.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button